Industriële Ventilasie- en Ingenieursprojekspesialiste

Kooltron is ‘n ingenieursfirma wat in Kaapstad gebaseer is en enige medium tot groot industriële ventilasiestelsel volgens kliëntspesifieke behoeftes op bestelling kan ontwerp, aanpas of opgradeer.

Kooltron, wat ‘n gelisensieerde OEM-vervaardiger is, se hoogs opgeleide span en ten volle toegeruste werkswinkel bemagtig ons om ‘n wye reeks produkte van hoogstaande gehalte teen mededingende pryse te ontwerp en vervaardig.

 

GRATIS Interaktiewe Waaierseleksiesagteware

Kooltron het ‘n interaktiewe waaierseleksiehulpmiddel volgens bestelling ontwerp vir jou bestelgerief. Sleutel bloot jou seleksiekriteria in en die sagteware sal outomaties die waaier genereer wat die geskikste vir jou toepassing sal wees.

Met die sagteware kan jy die seleksie op ‘n drukbare kopie van die waaierkurwe interaktief aanpas. Sodra jy tevrede is, e-pos bloot jou seleksie direk aan Kooltron vir ‘n kwotasie

  LAAI DIE SAGTEWARE AF

Omtrent ons

Kooltron is in 1968 gestig en het geleidelik ‘n reputasie as verdampingverkoelingspesialiste opgebou. In onlangse dekades het ons egter ons dienste uitgebrei om ‘n beduidende speler te word in alle aspekte van medium tot groot industriële ventilasiestelsels waarvan die waarde van R10 000 tot R4.8 miljoen wissel.

Hoewel ons aanvanklik waaiers vir gebruik in ons eie projekte vervaardig het, raak ons invloedryk in die mark ten opsigte van die vervaardiging van waaiers vir eksterne partye.

Kooltron is ‘n geregistreerde lid van die Suid-Afrikaanse Federasie vir Staal- en Ingenieursbedrywe (SAFSIB), die Kaapse Sakekamer en die Ontwikkelingsraad vir die Konstruksiebedryf (CIDB) met ‘n M4-gradering.

 

Kontak ons per foon of e-pos vir verdere inligting

Unit No 6, Island Park, 18 Auckland Street, Paarden Eiland, Cape Town 7405, South Africa

PO Box 69, Paarden Eiland, Cape Town 7420, South Africa

Tel: +27 (021) 511 0109     Fax: +27 (021) 511 0128     Email: info@kooltron.co.za

 

FLAGSHIP PROJECTS